WELKOM AFRIKANERS!

 
My naam is Louwrens van der Merwe en ek woon in ‘n dorpie met die naam Cambridge  in die Waikato -streek op die Noord-Eiland van New Zealand. Cambridge staan bekend as "The Town of Trees" en het so 'n Stellenboschse atmosfeer. Cambridge is 145Km Suid van Auckland en 24Km Suid van Hamilton op die SH1 (State Highway 1).

 

Ons woon al meer as 8 jaar in New Zealand en het ‘n jaar in Auckland gewoon voordat ons na Cambridge getrek het. Ek is nie regtig 'n boer nie, ek werk in die IT-bedryf.
 

Ek ontvang maandeliks ongeveer 300 e-mails en weet redelik hoe immigrante voel en dink.

 

Sommer met die wegspring wil ek sê dat die menings wat ek in hierdie webwerf uitspreek NET MY EIE, en BAIE subjektiewe, menings en ervarings is.


WAARSKUWING:
 

Maak nou nie saak van watter kant af jy hierdie webwerf benader nie, wees verseker op een of ander stadium gaan van my menings of taalgebruik jou afpis, so wees sterk, wees groot, eet jou groente en maak vas jou veiligheidsgordel!

 

As jy een van daai mense is wat na 'n dosis realiteit of sterk woorde berading moet ontvang, pille moet drink of deur jou meerderwaardigheid oorval word MOENIE hierdie webwerf binnegaan NIE, want jy gaan skoon onderklere nodig hê kort voor lank!


New Zealand is 'n fantastiese land en seker so na aan 'n paradys as wat jy op aarde kan kom. Ek sal enige persoon aanraai om dit as 'n immigrasiebestemming te oorweeg, MAAR maak net 'n goed ingeligte besluit, want dit help niks jy kom sit hier in die paradys en krepeer van ellende nie.

 
Op hierdie webwerf kyk ek realisties, krities en met baie humor na lewe in NZ. Gun my my mening en vryheid van spraak soos ek jou jou anonimiteit gun. Omdat ek nie alles wat die Kiwi's, Kiwiland en SA immigrante aan my opdis vir soetkoek opvreet nie, beteken nie ek het nie gelukkig aangepas nie!

 

Welkom by my webwerf en kom ons kuier LEKKER!!

 

KLIEK HIER vir 'n paar interessante feite oor hierdie webwerf. 
 

IS MY WAARSKUWINGS NODIG? Lees verder....

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LSD-TOERE - KAN JY DIT BEKOSTIG OM JOU LSD-TOER LANGER UIT TE STEL??

 Met die stygings in die pryse van brandstof en voedsel gaan dit dalk binnekort te duur raak om te kom kyk!

 

LEES MEER.....

Kom Kyk eers die kat uit die boom voordat jy die groot immigrasie sprong   vat!

Kom op een van ons toere. Ons maak dit maklik.

 
SOEK INLIGTING OP KIWIBOER
Soek op hierdie werf aangedryf deur FreeFind
 

 

 

 

 
Hoe is NZ?
Wat maak hulle?

'n Paar feite oor NZ en goeters wat die Kiwi's anders as ons  doen en hulle algemene houding en maniere.
 

     

Werk in

New Zealand

Wat gaan aan?

Hoe probeer 'n mens werk vind in NZ?

Wat van jou kwalifikasies?

Wat betaal hulle?

Immigrasie na New Zealand

Hoe begin jy?

Hoe begin 'n mens die proses?

Wat bring jy saam? Karre? Meubels? Wat van huise - huur of koop? 

Skole en Kinders
Min of meer

Wat gaan by skole aan, hoe pas Afrikaanse kinders aan en wat moet hulle aantrek en wat kos dit?

 

 

Immigrasie

Dienste aan  immigrante

Hulppakette

Ons verskaf verskeie dienste wat dinge vir jou voor of na jou immigrasie makliker kan maak..........

     
Dienste in NZ
Medies tot pos

Hoe werk die gesondheidstelsel en pensioen in NZ?

Lewer hulle pos af en hoe kry 'n mens Internet?

Karre & lisensies
NZ Best.lisensie

Hoe lank is my SA best. lisensie geldig en hoe gereeld moet my kar 'n pad- waardigheidsert. kry?
 

Velle, Gewere en TROETELDIERE

Kan jy dit bring?

Velle, houtsneewerk, gewere, trofeë, tuingereedskap, troeteldiere ens. Hoe bring jy dit na New Zealand?

 
Mense se dinge!
Dit wat gat krap

Moet tog nie na die blad gaan as jy sensitief is of 'n maagprobleem het nie, jy gaan dalk 'n nuwe skirt nodig hê!

     
Wat is anders?
Muurproppe?

Watter kant van die pad ry ons en hoe lyk die muurproppe in NZ? Is daar gifgoed wat kan byt?

SAners in NZ
Wat maak hulle?

Wat doen die SAners in NZ en hoe is hulle as hulle eers hier gevestig is? Kan 'n mens boerewors in NZ kry?

Skakels
NB- BELANGRIK!!

Baie belangrike skakels wat die lewe vir jou makliker kan maak en jou BAIE moeite kan spaar!
 

 
Foto's
Ons kiekies!

Kyk na 'n paar foto's van ons spannetjie hier in Kiwiland. Nie almal mooi nie, maar darem!!
 

 

OORWEEG JY DIT OM IN DIE AUSTRALIESE MELKBEDRYF TE BELÊ??

PRAAT MET 'N SUID-AFRIKANER WAT WEET WAT IN DIE BEDRYF AANGAAN EN JOU VAN DIE BESTE RAAD KAN VOORSIEN - KLIEK HIER VIR MEER INLIGTING

 

     
KIWIBOER en SOUTH AFRICAN KIWI is boeties en word deur dieselfde maatskappy beheer naamlik South African Kiwi Ltd.
Kopiereg 2001. Kiwiboer.co.nz. Goedgunstiglik gehuisves deur www.virafrikaans.com
KIWIBOER - Raad oor Immigrasie na en Werk in New Zealand in Afrikaans