| |
 |
|

|
OP
HIERDIE BLAD
-
MUURPROPPE
-
CADAC
GASBOTTELS UIT SA WERK NIE HIER NIE
-
VERSEKERING
-
BEHEER BY
LUGHAWENS
-
GIFTIGE GOED
WAT BYT
-
BIER EN WYN
IN NZ
-
KIWI WOORDE,
UITDRUKKINGS en UITSPRAKE WAARAAN ONS NIE GEWOOND
WAS NIE
-
TV-KANALE
-
DIE VERSKILLE
TUSSEN NZ EN SA IN IMMIGRANTE SE EIE VERHALE
|
 |
| |
 |
|
VERSKILLE TUSSEN NZ EN SUID-AFRIKA IN "N NEUTEDOP
As die
verskille tussen SA en NZ in 'n paar sinne opgesom
wil hê lees
HIER asseblief.
|
 |
| |
 |
|
MUURPROPPE
SA elektriese muurproppe pas nie hier
in NZ nie. Om presies te weet watter proppe om te
koop het ek 'n blad gemaak met 'n paar foto's en
afmetings, sodat jy presies kan weet watter prop of
verbindingstuk (adapter) om te koop.
KLIEK HIER om na
die blad met die foto's van die muurproppe te gaan.
Die blad maak in 'n nuwe venster oop.
|
 |
| |
 |
|
CADAC GASBOTTELS UIT SA
Ons sit almal nog met ons ou CADAC
gasbottels uit SA, want jy kan hom nie hier laat
volmaak nie. Eerstens verskil die koppeling en
tweedens mag gashervulplekke (gewoonlik sommer die
petrolstasie) slegs bottels hervul wat in NZ
gedruktoets is. Elke gasbottel kry ook 'n plakker op
waar elke hervulling aangeteken word en die bottels
se reeksnommer word geregistreer. Gasbottels mag net
vir 'n sekere aantal hervullings gebruik word
voordat dit as onveilig beskou word. Los maar die
CADAC gasbottel in SA en kom koop hier 'n nuwe
een. Probleem opgelos!! 'n Splinternuwe 9Kg
gasbottel kos in NZ ongeveer $50.
LW: BRING jou
gasbraai en jou Skottelskaar en al daai lekker
gastoerusting wat 'n mens in SA kry en kom kry net
hier vir jou 'n nuwe bottel. Moenie jou
gastoerusting in SA los nie.
|
 |
| |
 |
|
KINDERS
-
Kinders
gaan 13 jaar lank skool en begin in die jaar waarin
hulle 5 jaar oud word.
-
Kinders
onder 14 jaar oud mag NIE alleen by die huis gelaat
word nie.
-
Dogters kan
op enige ouderdom 'n aborsie kry SONDER die ouers se
toestemming!
-
Kinders kan
op 15 jaar 'n leerlingbestuurderslisensie kry.
-
Kinders is
verplig om tot 16 jaar skool te gaan.
-
Kinders kan
vanaf 14 jaar wettig drank gebruik as hulle ouers
die drank aan hulle verskaf.
-
Kinders kan
eers op 18 jaar self drank en sigarette koop.
-
Kinders
raak op 18 jaar stemgeregtig.
-
Kinders
onder 14 jaar mag nie vuurwerke koop nie.
-
Kinders
word op 20 volwassenes.
-
Kinders kan
op enige ouderdom 'n Lotto-kaartjie koop, maar moet
oor 16 jaar wees om 'n krapkaartjie te koop!
-
Kinders mag
NIE GESLAAN WORD NIE! 'n Goeie pakslae (soos dié
waarop ons grootgeword het) kan jou in groot
moeilikheid laat beland (hoewel ek nog steeds
oortuig is daar is niks so goed vir 'n kind as 'n
plat hand op die gat nie!).
-
Jan kan net
op skool bly tot jy 19 jr oud is.
|
 |
| |
 |
|
VERSEKERING
In vergelyking met SA is versekering werklik goedkoop. 'n Voertuig met 'n waarde
van minder as NZ $25 000 en huisinhoud van NZ $40 000 kan as 'n pakket verseker
word vir NZ $60 per maand. Lewensversekering van NZ $300 000 sal jou ongeveer NZ
$50 per maand kos as jy tussen 40 en 43 jr oud is.
'n Man wat jou vinnig op hoogte kan bring met al jou versekeringsopsies in NZ is
Fritz Swart (ja, hy praat Afrikaans). Besoek gerus sy webwerf (
www.fritzswart.co.nz ) vir meer inligting.
|
 |
|
|
 |
|
TREK JOU SKOENE UIT!
SAners wie
die eerste keer in NZ kom vind dit snaaks,
irriterend en soms vernederend dat hulle, hulle
skoene moet uittrek voordat hulle 'n huis binnegaan.
By sommige SAners se huise dring hulle selfs daarop
aan dat jy jou skoene aanhou uit vrees dat hulle
aanstoot sal gee. Ek het 'n storietjie geskryf oor
sulke SAners.
Lees
die storie HIER.
Die gebruik
om jou skoene uit trek voordat jy 'n huis binnegaan
is so prakties en "common sense" dat ons aldag
vergeet om dit aan ander SAners te verduidelik.
Eerstens
kan dit soms vir lang tye aaneen reën en as almal
met hulle nat modder skoene op jou matte loop raak
dit later sopnat en word nie gou weer droog nie en
kan die matte begin vrot. Ons is almal bekend met
die benoude reuk van 'n ou huis met nat matte!!.
Tweedens is daar nie bediendes wat jou matte elke
dag kan skoonmaak nie, jy moet dit self doen!
By baie
huise sal jy 'n notabordjie by die voordeur sien wat
jou versoek om jou skoene uit te trek, so trek maar
jou skoene uit voordat jy 'n huis in NZ binnegaan -
die groot klomp skoene wat voor die deur staan
beteken nie ons is almal Mohammdane nie, ons trek
net almal ons skoen uit.
|
 |
| |
 |
|
BEHEER BY LUGHAWENS
As gevolg van die feit dat die ekonomie van NZ op landbou aangewese is, is
biologiese beheermaatreëls UITERS streng.
Moet onder GEEN omstandighede enige
plantaardige of dierlike produkte die land probeer binnebring nie (veral nie
biltong nie!). Selfs modder onder jou skoene of 'n half-gëete toebroodjie kan
jou in ernstige moeilikheid bring.
Verklaar enige produk of plant of
ENIGIETS waaroor jy twyfel, as jy dit verklaar kan hulle dit net afneem en
vernietig en spring jy die boete of selfs arrestasie vry. As hulle jou vang (en
hulle gáán, want die honde snuffel aan almal en al
die bagasie wat inkom) sal jy gearresteer word en as jy baie gelukkig is sal jy
'n NZ $200 (ongeveer R850) boete op die plek kry.
Die doane amptenare van NZ word beskryf
as "The customs officials from hell" en sal enige verskoning soek om jou te
beboet (ons praat van persoonlike ervaring! Lees ook die artikel in
"Koerantberigte"). Dit is NIE die moeite werd NIE en ons ondersteun
die Kiwi's in hierdie verband, want dit kan hulle ekonomie vernietig.
Ons maak baie lekker biltong in
Kiwiland en NZ $200 kan baie biltong koop, sonder tronkstraf!! Niemand word
gespaar nie, nie eens posterre nie. Die popgroep Franz Ferdinand was met
$200
beboet vir 'n enkele lemoen in hulle bagasie.
|
 |
| |
 |
|
GIFTIGE GOED WAT BYT
Miskien
moet ek net iets sê van giftige goed in NZ. New Zealand het geen slange of
skerpioene nie en net een inheemse giftige spinnekop (Katipo) wat baie skaars is
en in baie jare nog niemand se dood veroorsaak het nie. Teengif teen hierdie
spinnekop se byt is egter geredelik beskikbaar by hospitale .
Die enigste ander giftige spinnekop is
'n indringer van Australië genaamd die "White-tailed Spider" (op foto links) en
hierdie pes is redelik algemeen. Die spinnekop se byt is nie dodelik nie, maar
pynlik en gaan gepaard met 'n swelsel en erge irritasie.
Ontsteking van die byte veroorsaak die
grootste probleme. Ek was so gelukkig om gedurende Desember 2004 sewe byte van
die bliksem op my voorkop te kry in een aand. Aanvanklik was dit nie pynlik nie
en het dit net soos ontsteekte muskietbyte gelyk, maar binne 'n paar uur was die
byte erg geswel en baie pynlik met blasies op die bytplekke.
Ek was verplig om my dokter te besoek
nadat die bytplekke ontsteek het en antibiotika en kortisoonsalf het redelik gou
verligting gebring. Die bytplekke het ongeveer vir twee weke geswel gebly en dit
het VERSKRIKLIK gejeuk.
Na 'n week het daar rofies gekom in
die plek van die blasies en het daar gaatjies in my vel ingeval waar die
spinnekop my gebyt het (sien
foto). Dit het die bytplekke ongeveer 'n maand geneem om te genees.
Ek was seker maar net een van die ongelukkiges, want eintlik is ons nie baie
bekommerd oor gifgoed nie.
|
 |
| |
 |
|
BIER EN WYN IN NZ
Die keuse van biere in NZ is
net ongelooflik en bo en behalwe die gewone Europese, Meksikaanse,
Australiese en Amerikaanse biere wat jy hier kan kry is daar dosyne
plaaslike biere wat baie goed smaak. Daar is selfs 'n brouery
(Monteiths) wat seisoens biere uitbring met vrugte geure, ens.
Steinlager is seker die bekendste van NZ se biere en hoewel hy lekker is
(smaak amper soos Holstein) is hy "overrated" en "overpriced".
Ek hou van 'n duitse bier wat
plaaslik gebrou word nl. Rheinneck. Dit is ook een van die goedkoper
biere en jy kry dit gewoonlik vir so $10 vir 12 Biere. Dit het 'n
fantastiese skoon smaak en is lig genoeg vir dames ook.
SAners sal jy oor die algemeen
nie vang dat hulle (openlik) Rheineck drink nie, want omtrent ALLES wat
SAners hier doen doen hulle vir die "effek" om 'n moerse indruk op ander
te maak en hulle sal deur die bank die duurder biere by braaivleise en
danse drink soos Export Gold, Steinlager, Sol, Amstel, Stella Artois of
Heineken. By die huis sal hulle hondepis ook drink as dit goedkoop is,
maar buitekant is dit net die "meneer" biere wat hulle drink om hulle
pêlle te beïndruk.
Daar is ook baie "ciders"
beskikbaar en my gunsteling is Mac's Cider. Dis 'n ligte rooi cider met
spesery geure en so effens soeterig. Ongelukkig kan jy dit net by "pubs"
kry in "draught" en nie in bottels nie.
Biere is oor die algemeen ook
ligter in alkohol en 'n tipiese NZ bier het so 3.5% tot maks.4% alkohol
en sal in SA as 'n "light" bier deurgaan.
Nee-wat hier is genoeg biere om
van te kies en as jy nie reg kom nie is Castle Lager darem redelik
maklik in meeste supermarkte verkrygbaar. In Auckland by die meeste SA
winkels kan jy al die SA biere kry, maar dis nie einlik prakties om dit
te doen nie en ek sal sê kies 'n plaaslike bier waarvan jy hou en koop
hom.
Oor die NZ wyne wil ek my nie
eintlik uitlaat nie, want dit gee my "commen" SA smaak redelik aanstoot
terwyl die mense omtrent in vervoering gaan oor die suur wyne van NZ. Jy
kry baie, baie lekker NZ wyne, maar die goeies word meestal uitgevoer en
is te duur om daagliks te gebruik.
Australiese wyne is oor die
algemeen baie lekkerder om te drink en beter waarde vir geld. Daarby kos
Nederburg wyne hier goedkoper as 'n duur NZ wyn en smaak tonne beter.
Oor die algemeen veroorsaak die kouer klimaat van NZ dat hulle wyne 'n
groter persentasie vlugtige sure het en vir mense van 'n warmer
klimaat smaak hulle wyne redelik suur en is dit 'n smaak wat jy moet
aanleer.
So op die ou end kom dit maar
net neer op jou smaak en waarvan jy hou en is die smaak van NZ wyne
seker maar net 'n kwessie van opinie.
Vir die manne wat iets sterker
vat as bier en wyn - KWV 5 jaar brandewyn is by baie bottelstore
beskibaar vir ongeveer $45/bottel.
|
 |
| |
 |
|
KIWI WOORDE, UITDRUKKINGS en UITSPRAKE WAARAAN ONS NIE GEWOOND WAS NIE
Die Kiwi's gebruik soms 'n soort
Ingels waaraan 'n mens (ek) gewoond moes raak of
leer ken en die onderstaande is 'n paar van hulle:
ANKLE BITER = 'n Kleuter
BACH (uitgespreek "Batch") = Strandhuis (Kom van "Bachelor
pad" af).
BARBIE = braai
BARRACOUTA = Soort van 'n baie lekker melkbrood -
sag en hoog gerys.
BEEHIVE = Die Parlementsgebou in Wellington
BOMBPROOF = Veral op platteland gebruik om 'n perd
te beskryf wat nie gou skrik nie en baie mak is.
BRASSED OFF = Die moer in
BRO = Broer of maat.
BROLLIE = Sambreel
BUSH = Word voor woorde gebruik om iets / iemand te
beskryf wat grof/onprofessioneel of onopgelei is
soos "Bush Lawayer" of "Bush Mechanic".
CHEERS = Dankie
CHILLY BIN = Cooler box
CHIPPIE = Skrynwerker
CHOICE = Die beste of baie goed
CRASH = Oorslaap - gewoonlik ongenooid! (Kan ook 'n
motorongeluk wees!).
CRIB = Strandhuis (meer gebruik in Suid-Eiland)
CROOK = Siek of voel nie lekker nie
CUPPA = Koppie koffie of tee
DAIRY = Klein kafeetjie op die hoek
DECK = 'n Stoep
DUNNY = Toilet
FEED (Have a feed) = Om te gaan eet.
FIZZY DRINK = Koeldrank
FLASH = Lyk baie goed
G'DAY = Hello
GêRRIETS = Uitspraak van "Garage"
GOOD AS GOLD = Alles is reg / Baie reg
GOOD ON YA MATE = Wel gedaan!
HE's A BIT OF A BLOUSE = Hy is ietwat van 'n sussie.
HUNKY DORY = Alles is reg
JAFA = Woord wat in die platteland gebruik word om
iemand wat in Auckland bly te beskryf (Staan vir
Just Another F......n/Fabulous? Aucklander!).
JANDALS / THONGS = Plakkies
JANDALS = Plakkies
JAPIE = 'n SAner (Van "Plaasjapie" af)
KNACKERED = Moeg
LOLLY = Lekkergoed (Sweets)
LOO = Toilet
MATE = Vriend, maat
MOBILE = Selfoon
MORNING TEA = Brunch
NO WORRIES = Geen probleem
ôi! = Roep as hulle nie jou naam ken nie of as jy in
die AAAAA is.
PAKEHA = 'n Maori-woord vir 'n Wit persoon of iemand
van Europese afkoms
ROUNDABOUT = Verkeersirkel
RUBBERNECK = Nuuskierige mense wie omkyk vir
ongelukke terwyl hulle verby ry en baie keer self 'n
ongeluk veroorsaak deur in die kar voor hom was te
ry.
SAMMIE = Toebroodjie
SEE YA = Totsiens
SHE'LL BE RIGHT of SWEET AS = Alles sal reg wees
SHIFT YOUR ASS = Roer you gat!
SKIVVY = 'n Polo-nek T-hemp.
SLAPPER = 'n Goedkoop meisie met twyfelagtige sedes.
SMOKO = 'n Rookbreuk.
STUBBY = Klein bierbotteltjie
STUFFED = Moeg of ooreet
SUNNY's = Donkerbrille
SUSS = Om iets uit te werk
TA = Dankie
TAKE A HIKE = Gaan weg / loop
TEA = Aandete
TEXT = SMS
TIKI TOUR = 'n Goedkoop toer of 'n manier om tydmors
te beskryf.
TO SHOUT = Om vir almal drank of kos te koop.
TOGGS = Swemklere
TOGS = Swemklere
UTE = 'n Bakkie
WELLIES = Gumboots
WESTIE = Iemand wat uit Wes-Auckland kom. Gewoonlik
so 'n "Boy Van Die Suburbs" soort van ou.
WOP-WOPS = In die bosse of in die gramadoelas
YONKS = Forever
YOUS FELLAS = Julle
Sal die lys aanvul soos die woorde my byval, my kop
is soos 'n sif - bo in onder uit en net hier en daar
sit 'n druppel! |
 |
| |
 |
|
TV-KANALE
New Zealand
het 6 publieke TV-kanale, m.a.w kanale wat jy met
jou gewone TV kan kyk sonder om te betaal. Daar is
niks besonders aan die TV-kanale nie en die
kwaliteit van programme is nou nie iets waaroor
enigeen opgewonde sal raak nie. Programme word ook
tot vervelens toe herhaal en ek wonder of daar nog
'n land in die wêreld is waar TV-programme so oor-en
oor gewys word?
Getrou aan
die Kiwi's se natuur sal ook omtrent ENIGIETS (ek is
ernstig) die nuus haal en van die onbenulligste
dingetjies kan 'n nuusberig van etlike minute raak
(en besprekingsprogramme van etlike ure). 'n Mens
moet dit self sien om dit te waardeer, dis
ongelooflik.
As jy
enigiets ordentlik wil sien moet jy maar vir jou 'n
skottel met betaal-TV (DSTV) kry en dit word in NZ verskaf
deur
SKY TV teen baie billike tariewe wat begin by
ongeveer $50.00 per maand.
Jy kan ook
die gewone gratis kanale (hulle beweer daar is 9!)
in digitale beeld kry met 'n
FREEVIEW dekodeerder wat ongeveer $200 kos.
Persoonlik dink ek Freeview is 'n mors van tyd. As
jy beter TV wil hê kry maar vir jou SKY. As jy meer
oor FREEVIEW wil weet besoek hulle webwerf
HIER.
Lees 'n
meer volledige en eerlike siening van NZ se
TV-kanale op die webwerf
Stuff U can Use.
|
 |
| |
 |
|
IMMIGRANTE SE EIE STORIES OOR HULLE ERVARINGS IN NZ EN DIE
VERSKILLE
|
 |
| |
 |
|
MAORI's
KLIEK HIER
om te kyk en te luister na 'n Maori-lied wat dit tot
Nr.1 in NZ gemaak het. So lekker 1980's met "break
dancing" en al. Baie oulik!!
|
 |
| |
 |
|

|
|
 |
| |
 |
|
^^ TERUG NA BO
|
 |
| |